Friends and family of Sampie gathered to celebrate his extraordinary life

Sampie's five children & cousins from far and wide

‘Prof het die wêreld verbeter’

 

 

 

 

 

 

https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20180226/281590946053218 

 

 SABC

https://www.youtube.com/watch?v=XL84dfPrqLs

http://www.sabcnews.com/sabcnews/anti-apartheid-activist-professor-terreblanche-remembered/

 


Huldeblyk aan Sampie by die viering van sy lewe, deur Prof. Anton van Niekerk

Anton van Niekerk - uitgelese professor in filosofie, Stellenbosch Universiteit

Dit is pas meer as vyf maande na die operasie en diagnose wat vir Sampie aangekondig het dat sy oorblywende tyd in ons midde na maande, en later na weke en dae gekrimp het. Dit was ʼn tyd van ʼn louterende besining oor ‘n lewe wat besig was om verby te gaan en onsekerheid oor wat hom te wagte is. Die dood, so weet ons, is enersyds inherent deel van die lewe en dus onvermydelik. Aan die ander kant is die dood die groot onbekende wat ons om verskeie redes ontstig. Almal van ons vrees nie alleen ʼn uitgerekte lyding nie (iets wat Sampie gelukkig grootliks gespaar is). Maar wat ons veral vrees, is die skynbaar onafwendbare eensaamheid waarheen die dood ons lei – veral,  die feit dat die dood ons verhoudings met mense, met name met diegene naaste aan ons – daardie verhoudings wat die lewensbloed van die lewe self is - pemanent afsny. Lg. vooruitsig was ekstra erg vir Sampie, gegee die hartlike verhoudings wat hy deurentyd met sy kinders en naby vriende gehandhaaf het. Hy het in die laaste tye toe hy nog helder was, meesal verkies om nie oor koeitjies en kalfies te praat nie, en liewer prontuit sy hart uit te stort oor die naderende dood,  om sodoende die onthutsende onsekerheid daarvan te probeer besweer. Daarvan was ons as buitestanders hoogstens solidêre, maar essensieel magtelose toeskouers en aanhoorders en, by geleentheid, tog bevoorreg om ook gespreksgenote te kon wees. Noudat daardie reis na die onbekende voltooi is, is ons opnuut ontroer deur die avontuur van die dood as die finale episode in die drama van die lewe.

Yet, Sampie’s life was far from a tragedy. When we reflect on that life, it affords us the wonderful opportunity to acknowledge to one another, and to Sampie in his unfortunate absence, wat a special privilege it was to know him, as well as how he enriched all our lives.

Ek het hom die eerste keer leer ken by 1971 se berugte SABRA kongres op Robertson – ʼn geleentheid waaroor hy homself in latere jare steeds met groot smaak en binnepret kon verkneuter. Die kongres – inderwaarheid segs ʼn jeugkongres - was iets heel besonders. Ek was in matriek en het in die redenaarskompetisie gekompeteer met ene JP Landman wat ook ʼn lewenslange vriend van my sou word. Die kongresvoorsitter was daarby ʼn ene prof. Willie Esterhuyse - nodeloos om te sê iemand wat later ʼn maatgewende invloed op my vorming sou uitoefen. Die blote feit dat ʼn mens by so ʼn geleentheid as ʼn blote skoolkind blootstelling kon kry aan sulke formidabele geeste is in sigself ʼn aanduiding van hoe bevoorreg my geslag jongmense in die sewentigerjare was, veral as hulle boonop ook nog op Stellenbosch kon gaan studeer.

Sampie was one of the keynote speakers, speaking not long after dr Gerrit Viljoen – another name most of you will no doubt recognise. At that stage he was not only the VC of Rand Afrikaans University, but also chair of SABRA and president of the Afrikaner Broederbond. Dr Viljoen in his singular wisdom found it appropriate to propose that the possibility of a homeland for the so-called “Coloured population” should be seriously considered and investigated. That was a gauntlet thrown before Sampie, and he predictably did not hesitate to rise to the occasion. Both at the conference and in the weeks following the conference, he had a field day in the press, casting scorn and ridicule on Viljoen’s untimely idea. He predictably ran into serious opposition, but that was never something that Sampie was afraid of. Needless to say, the Coloureds never received a homeland because they were and are inherently part of SA as a whole. Sampie won that fight with a knock-out in the early rounds.

As ek terugdink aan my vriendskap met Sampie oor ʼn periode van 47 jaar, wil ek my gedagtes probeer orden rondom ʼn paar sentrale kenmerkeEk dink heel eerste aan Sampie as die besondere en buitengewone rolmodel wat hy vir studente en latere kollegas van my geslag was. Sampie was  ʼn passievolle mens. Die vernaamste passie wat ek by hom geleer het, was die belangrikste verbintenis wat die instelling van die universiteit aan ons kan skenk: die passie, naamlik, om die redelike argument te volg tot sy logiese gevolgtrekking. Daarin, veral, was die geheim van sy sukses as dosent geleë. Ons weet almal dat hy na alle waarskynlikheid die dosent was wat die langste ervaring van klasgee aan die US ooit gehad het. Die studente het egter glad nie altyd na sy klasse gestroom omdat hulle met hom saamgestem het nie. Inteendeel: min dosente aan hierdie instelling kon studente meer verkeerd opvryf as Sampie; ek herinner my altyd studente wat vertel het hoe woedend kwaad hy hulle maak. Al was hulle egter hoe kwaad, Sampie se uitdaging was altyd: “vind uit hoekom is julle regtig kwaad! Wat presies is julle teenargumente? Is daar nie ook  ʼn ander kant van die saak  nie?”. Gee my asb maar liewer ʼn dosent wat sy studente uitdaag eerder as om ja-broers en –susters van hulle te maak. So ʼn dosent was Sampi

The second thing I want to say about Sampie, is to acknowledge his sense of fairness and his willingness to change his tune when required by insight into truth itself. Sampie operated within the safe space of Afrikaner-nationalism for many years, and during those years, he committed many acts that he in later years regretted bitterly. Yet, he had the courage and he exterted that courage to, after the showdown with the NP establishment in the late eigthies, acknowledge his mistakes and to seek an apology from people like Johan Degenaar whom he felt that he wronged at a certain stage in their complex relationship.

The third thing that I admired greatly in Sampie is his commitment to social justice. Few intellectuals in this country have been so strongly touched by the plight of the poor and have so consistently presented themselves as their advocate. For Sampie, his confrontation with (what he famously called) chronic (i.e. institutional) community poverty came with his experience in the Theron Commission which, to his own admittance, was his Damascus experience. In the post-1994 South Africa, nothing irked him more than beneficiaries of South Africa’s liberation who were more interested in amassing spoils and riches for themselves rather than maintaining the cumbersome battle for a fairer distribution of this country’s wealth amongst all its citizens.

Waarvoor ek Sampie in die vierde plek veral sal onthou, is die vryheid en onafhanklikheid van denke en oordeel wat hy uitgeoefen en bly koester het tot die dag van sy dood. Hierdie onafhanklikheid van denke en oordeel was veral die gevolg van wat hy sy “Stellenbosse sprong na vryheid” genoem het. Hy het dié sprong gemaak in die nadraai van die botsing van Besprekingsgroep ‘85 met mnr PW Botha in 1986 – die botsing wat Sampie finaal vervreem het van die toenmalige nasionale Afrikaner establishment. Die sprong na vryheid was bepaald nie ʼn sprong in die arms van ʼn ander establishment nie. Sampie het voortaan slegs vir homself gedink en homself bly handhaaf, ongeag watter weerstand teen sy standpunte daar ook al was.

Hoewel, byvoorbeeld, min Afrikaanse intellektuele hulle so hart en siel toegewy het aan die demokratisering van SA soos Sampie, was hy tog ook weer van meet af skepties oor die egtheid van die 1994 en latere regerings se verbintenis tot beduidende ekonomiese transformasie. Hieroor sal vele van ons vandag nie noodwendig met hom saamstem nie. Ek self het, om ʼn tweede voorbeeld te noem, altyd van hom verskil oor die aanspraak dat apartheid in wese ʼn kapitalistiese front was, en dat die sakelui diegene was wat die pakt van 1994 ten diepste bemiddel het. Apartheid, so lyk dit steeds vir my, was in wese ʼn sosialistiese sisteem ten hehoewe van die Afrikaners, eerder as kapitalisties. Hieroor kon ons tot laataand stry, uit mekaar gaan sonder om saam te stem maar sonder om ook in die proses vir mekaar kwaad te word.

Die vyfde en laaste kenmerk van Sampie wat ek wil noem en wat ek veral gaan mis, is sy passie vir die geskiedenis, en sy neus vir boeiende stories (One of the greatest ironies of Sampie’s illness was the fact that his encyclopedic memory of dates en pivotal events – a memory with which he could endlessly entertain both adults and children - was the first victim of the tumour in his brain. It was painful to see how this loss of memory exasperated him). My gunsteling: Storie van Smuts se toespraak by inwyding van Voortrekkermonument.

Wat sou ons lewens op hierdie dorp en ons traumatiese geskiedenis in hierdie land tog gewees het as Sampie nie geleef het en ons hom nooit geken het nie? Hy het ons, “for better or worse”, geraak. Hy het ons geslyp, of ons nou met hom saamgestem, of skerp van hom verskil het. Hy was ʼn ware “Mensch”, een van daardie merkwaardige figure wat jou altyd uitdaag, jou soms moeg maak, wat van diplomasie baie min verstaan het en dinge kaalkop kon sê, maar wat ons nooit onberoerd gelaat het nie. Hy was ʼn “beroerder Israels”. As ons vandag daaraan terugdink, is dit nooit met wrewel nie, maar met deernis en bewondering omdat ons die voorreg gehad het om iemand te ken wat die lewe altyd interessant en uitdagend gemaak het.

In ons laaste gesprekke het hy meermale getob oor die onsekerheid van die laaste reis wat voorlê. Nou het daardie reis vir hom aangebreek, en ons staan verslae en sprakeloos voor die enormiteit van dit alles – ʼn enormiteit wat vir ons elkeen wag. Al wat ek daarom ten besluit kan sê is: “Bon voyage”, goeie reis, my rolmodel-professor wat my toegelaat het om jou vriend te word. Die wêreld is ‘n ander en ʼn beter plek omdat jy geleef het, maar dit sal ook ʼn nog beter plek word as die boodskap van jou lewe en werk toenemend ernstig opgeneem word. Ons sal jou nie ligtelik vergeet nie.


The five of us - Louise, Marie, Sampie, Carine & Christelle - toasts our father for a life so well lived (Picture: Die Burger)


South Africa's new President Cyril Ramaphosa pays tribute to Sampie Terreblanche

ONS VIER SAMPIE SE LEWE

 

A celebration of Sampie's life will be held in Stellenbosch on Sunday.
 
The event is open to the public.
 
 
Time: 16h00
 
Date: Sunday, February 25
 
Venue: Endler Hall, University of Stellenbosch Conservatorium, 
c/o Victoria Street & Neethling Street, Stellenbosch, 7600. 
 
Please call
Christelle 083 232 4134 for media inquiries
 
Marie 082 889 1930 for any inquiries about the event.